Oorweldig skuld jou?
Artikel 86 van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005
Wat is skuldberading?
Dit is ‘n proses wat deur die Nasionale Kredietwet beskikbaar gestel word aan oorverskuldigde verbruikers. Maandelikse paaiemente betaalbaar aan krediet verskaffers word verminder sodat die skuld oor ‘n langer tydperk af betaal word met moontlike verlaagde rentekoerse.
Wat beteken oorverskuldigheid?
Die verbruiker kan nie die volle maandelikse paaiemente aan krediet verskaffers betaal nadat die redelike lewenskostes van die netto inkomste afgetrek is nie.
Wat is die proses?
- Die aansoek vorm (Vorm 16A) word ingevul en eerste assesering word gedoen;
- Kennis van die aansoek (Vorm 17.1) word gegee aan die krediet verskaffers waarop die krediet verskaffers reageer met saldo sertifikate;
- ‘n Finale assessering word gedoen - sou die Skuldberader steeds oorverskuldigheid bevind word krediet verskaffers kennis gegee daarvan - (Vorm 17.2) en ‘n voorstel van afbetaling word gemaak;
- Die krediet verskaffers kry geleentheid om die voorstel te aanvaar / ‘n teenvoorstel te maak;
- ‘n Hofaansoek word gedoen sodat die voorstel van die skuldberader ‘n finale hofbevel gemaak kan word – die skuld word dus met die bevel - van ‘n Hof geherstruktureer.
Hoe geskied betalings aan krediet verskaffers?
Vanaf maand 1 word die maandelikse paaiement betaal aan ‘n PDA (Payment Distribution Agency) - ‘n onafhanklike instansie wat die geld self allokeer. Die krediteure word dus nie meer deur die verbruiker betaal nie.
Wat is die koste verbonde aan aansoek?
Die skuldberader: ‘n eenmalige fooi gelykstaande aan die verbruiker se maandelikse paaiement, beperk tot R6 000.00 (dit word nie addisioneel betaal nie – die eerste maand se paaiement word deur die PDA geallokeer vir hierdie fooi). Daarna ‘n maandelikse nasorg fooi van 5% van die paaiement vir die eerste twee jaar, en wat daarna sal daal na 3%.
Die prokureur: spesifieke navraag moet in hierdie verband gerig word. Maand 2 se paaiement word deur die PDA geallokeer vir die regskostes en word dit ook nie addisioneel betaal nie;
Die PDA: die volgende fooie word maandeliks afgetrek van die verbruiker se paaiement:
- R5.00 vir elke betaling aan ‘n krediet verskaffer tussen R100.00 en R200.00, per rekening;
- R10.00 vir elke betaling aan ‘n krediet verskaffer tussen R201.00 en R500.00, per rekening;
- R15.00 vir elke betaling aan ‘n krediet verskaffer hoër as R500.00, per rekening;